0:00/???
  1. ALLEEN

From the recording ALLEEN

In cart Not available Out of stock

Lyrics

Vuil lig skets skoon skadus in vuur:
vat my hand, hou hom styf,
hou hom langer vas
Wilde weskus reënboog‎ ondier:
ruk my hand, druk hom styf,
breek hom amper af

Jy's man alleen
jy's vrou alleen
jy voel alleen
jy blameer my?
Jy's broer alleen
jy's sus alleen
jy voel alleen

Sonlig smelt boom wortels in sneeu
vat my hand, hou hom styf,
hou hom langer vas
Wilde weste swartoog wit leeu
ruk my hand, druk hom styf,
breek hom amper af

Jy's man alleen
jy's vrou alleen
jy voel alleen
jy blameer my?
Jy's broer alleen
jy's sus alleen
‘n hond, ‘n been

Helder kleure in die dam,
nou is jy 'n swartoog kat
kou jy lekker aan jou seer,
en die wit lig kom nou deur –
kry jy ook daai blou moord geur?
jy was vrygelaat, ok?

Vuil nag skets skoon skadu in vuur:
vat my hand, hou hom styf,
hou hom langer vas,
wilde weskus, reenboog ondier,
ruk my hand, druk hom styf,
breek hom amper af

Jy's man alleen
jy's vrou alleen
jy voel alleen
jy blameer my?
Jy's broer alleen
jy's sus alleen
‘n hond, ‘n been

Helder kleure in die dam,
donker kodes in die sneeu,
sit jy nader aan die vuur,
en die winter kom nou deur,
watervalle in jou hart?
jy was vrygelaat, ok?